DA: Geen reddingsboei vir likwidasie van SAL

Die DA vra die onmiddellike kansellasie van die Takatso-transaksie en die likwidasie van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, sonder enige verdere reddingsboeie van die belastingbetaler. Die party sê die geheimsinnige transaksie tussen SAL en Takatso het 16 maande geneem om af te handel, maar is nie in werking gestel nie. Die redery het nuwe bedryfsverliese van omstreeks ‘n miljard Suid-Afrikaanse rand opgeloop sedert hy ná sakeredding sy bedrywighede hervat het. Alf Lees van die DA sê dit is onwaarskynlik dat die opbrengs van ‘n likwidasie die nuwe laste sal kan dek.