Lekker Jazzdag in Windhoek

Jazz-liefhebbers kan uitsien na Internasionale Jazzdag wat op Saterdag 30 April deur Unesco Namibië by die Franco-Namibiese Kulturele Sentrum gevier word. Benewens die Thetardius Musiek-akademie se blaasorkes, sal Sisonke Xonti van Suid-Afrika ter viering van die geleentheid optree. Unesco se programkoördineerder, Luise Mwanyangapo, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.