Namibiese man smokkel glo beeste van Angola in

‘n Namibiese man is met tien beeste in die Epalela-gebied by Onesi in die Omusati-streek in hegtenis geneem. Volgens die Namibiese polisie het die 47-jarige man die beeste ter waarde van 74 000 Namibiese dollar oor die grens vanaf Angola ingesmokkel. Hy het geen invoerpermit vir die beeste in sy besit gehad nie.