Onvermydelik dat nuwe variant ook na VSA sal versprei

Amerika se voorste aansteeklike siekte-kenner, Anthony Fauci, sê dit is onvermydelik dat die nuwe Covid-19 Omikron-variant ook na die VSA sal versprei. Die variant, wat vernoem is na die 15de letter van die Griekse alfabet, is die eerste keer verlede week opgespoor in Botswana, en gevalle is nou aangetref in onder meer Suid-Afrika, Duitsland, België en Hongkong. Fauci sê hy het president Joe Biden ingelig dat dit omtrent twee weke sal neem om duidelike inligting oor die nuwe variant in te samel.