Marokko verbied alle inkomende internasionale vlugte

Marokko het alle inkomende internasionale vlugte van vandag af vir twee weke verbied in reaksie op die nuut-geïdentifiseerde Covid-variant, Omikron. Die Wêreld-gesondheidsorganisasie het Omikron verlede week as ‘n variant van kommer geklassifiseer. Marokko se ministerie van Buitelandse Sake sê hierdie besluit is geneem om die stryd teen die pandemie te wen en die gesondheid van sy burgers te beskerm. Intussen het Nederland gister 13 gevalle van die nuwe variant bevestig, en Australië het twee gevalle aangemeld.