EHRA se klein Mimi bring vreugde

Die Elephant Human Relations Aid-groep het in Maart 2024 die aankoms van ‘n kosbare nuwe baba-olifant in die Huab-rivierstreek verwelkom. Hierdie skattige kalfie is die nuutste toevoeging tot die H2-trop – ook bekend as Rosy se trop. Rachel Harris, Besturende Direkteur van EHRA sê klein Mimi het reeds die wêreld met nuuskierigheid en vreugde verken. Harris pleit by die publiek om nie die olifante in die gebied te nader nie en doen ‘n beroep op inwoners om hul kantoor te kontak wanneer hulle ‘n olifant gewaar. Die droë toestande in die gebied veroorsaak dat olifante die gebied binnekom wat mens-wild konflik veroorsaak.