Namibiese landbousektor gaan impak van hoër brandstofpryse voel

Namibië se landbousektor gaan beslis die brandstofprysverhogings tydens produksie voel. Die ministerie van myne en energie het aangekondig die brandstofprys in Namibië styg op 3 November met 50 sent ‘n liter vir petrol en 70 sent ‘n liter vir diesel. Die bestuurder van akkerbou-markontwikkelilng van die Namibiese Akkerbouraad, Emily Abraham, sê dit is baie slegte nuus vir produsente.