Omgewingsbelegginsfonds help inwoners van Oshana-streek met hul tuine

Die Omgewingsbeleggingsfonds van Namibië, die EIF, het opgegradeerde tuine aan drie inwoners van die Oshana-streek oorhandig. Hulle het voorheen gesukkel met water en om hul tuine uit te brei. Hulle kweek onder meer patats, mielies en botterskorsies en sal nou hul families kan voed, inkomste uit hul oeste kry en voedselsekuriteit verseker. Lot Ndamanomhata, bestuurder van korporatiewe kommunikasie van die EIF, sê infrastruktuur en opleiding is verskaf.