Meer as 10 000 SA polisiebeamptes van ernstige misdade aangekla

Action Society sê meer as 10 000 Suid-Afrikaanse polisiebeamptes is sedert 2013 aangekla van ernstige misdade soos moord, verkragting en aanranding. Die minister van polisie, Bheki Cele, het die syfers in die parlement bekend gemaak. Die nasionale polisie-kommissaris, Khehla Sitole, het onlangs kennis gekry van die voorneme om hom te skors. ‘n Woordvoerder van Action Society, Ian Cameron, sê die polisie slaag nie daarin om hierdie misdade te voorkom nie, en is boonop self daaraan skuldig.