Namibiese landbouminister tree toe tot volksmoord-debat

Die Namibiese landbouminister, Calle Schlettwein, het ook vandag in die Nasionale Vergadering tot die debat toegetree oor die Duitse volksmoord-ooreenkoms. Hy het gesê dit is onmoontlik om ‘n monetêre waarde aan die verlies van menselewens te heg. Schlettwein het gesê die uitkoms van die volksmoorddebat kan die manier verander hoe Namibiërs met mekaar verband hou. Hy sê Namibiërs moet eerder verenig as verdeeld wees.