Namibiese kripto-kenner sê Bankman-Fried skaad bedryf

‘n Namibiese kripto-kenner het gereageer op Sam Bankman-Fried, stigter en gewese uitvoerende hoof van die mislukte kriptogeld-eenheid-handelsfirma FTX, wat in die Bahamas vasgetrek is Hy sal na verwagting later vandag in die hof verskyn. FTX het op 11 November om bankrotskap aansoek gedoen nadat gebruikers binne drie dae 105,39 miljard Namibiese dollar aan die platform onttrek en die mededinger, Binance, ‘n reddingsooreenkoms laat vaar het. Bankman-Fried se inhegtenisneming kom terwyl hy vandag voor die Amerikaanse huiskomitee vir finansiële dienste sou getuig. Hy sal na verwagting aan Amerika uitgelewer word. Coenie Botha, CBI se hoof uitvoerende beampte sê aan Kosmos 94.1 Nuus kriminele elemente kom oral voor.