ANC gaan nooit stem om Cyril in staat van beskuldiging te plaas

Die ANC gaan nooit stem om die leier van die party in ‘n staat van beskuldiging te plaas nie, al is sy of haar oortreding van die Grondwet hóé ernstig. Dit is die mening van die grondwetkenner, Pierre de Vos. Vierhonderd lede van die Nasionale Vergadering gaan vandag stem of die Artikel 89-verslag oor Phala Phala aanvaar moet word wat die ampsklagproses teen President Cyril Ramaphosa aan die gang sal sit. De Vos sê ‘n ad hoc-komitee se proses kan dalk meer doeltreffend wees om Ramaphosa aanspreeklik te hou omdat die ANC se getalle in die Nasionale Vergadering dit sal keer