Namibiese Korrektiewe Dienste plaas verbod op pakkies in hulle fasiliteite

Die Namibiese Korrektiewe Dienste het ‘n verbod op pakkies in al hulle fasiliteite
landwyd geplaas. Dit is weens ‘n verhoogde aantal gevalle van die smokkel van
verbode items in fasiliteite. Korrektiewe Dienste se kommissaris Sam Shaalulange het
aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle het verskeie skuldiges met selfone en allerlei
dwelms gevang. Hy sê hy het opdrag gegee dat alle pakkies wat by hul fasiliteite
aankom, verbied word.