Suid-Afrika gaan vinnige Covid-19 toetsappparate vervaardig

Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsbeheerraad het aan die plaaslike biotegniese
maatskappy CapeBio die groen lig gegee om vinnige Covid-19 toetsapparate te
vervaardig. Die vervaardiging het reeds op industriële skaal in die maatskappy se
fabriek in Centurion begin. Die eerste van die apparate sal voor die einde van Augustus
op die plaaslike mark wees. Die buurland se minister van Hoër Onderwys, Wetenskap
en Tegnologie, Blade Nzimande, het die Gesondheidsbeheerraad se aankondiging
verwelkom. Sy woordvoerder, Ishmael Mnisi, sê dit sal Suid-Afrika se afhanklikheid van
invoere help verminder.