Namibiese konstruksiewerkers moet vir aftrede beplan

Die Namibiese Konstruksiewerkers Pensioenfonds moedig persoonlike finansiële beplanning vir werkers in die boubedryf aan. Die begin van die nuwe jaar is ‘n ideale tyd vir nadenke oor werkers se finansiële welstand. Dit is ook ’n goeie tyd om te hersien hoe konstruksiewerkers hul swaarverdiende inkomste bestuur. Enwich Kazondu, hoofbeampte van die pensioenfonds, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die fonds sal die huidige en potensiële lede deur die jaar ondersteun om hul finansiële beplanning te bevorder.