Klimaat-aktiviste gekant teen olieland wat COP 28 aanbied

Die hoof van een van die wêreld se grootste olie-maatskappye, is aangewys om in Desember vanjaar die COP 28 Klimaatberaad te lei. Sultan Ahmed al Jaber is ook die Verenigde Arabiese Emirate se minister van handel en klimaats-aangeleenthede. Klimaat-aktiviste is teen sy aanwysing gekant, en sê hy moet weens botsende belange, afstand doen van sy rol in die olie-bedryf terwyl hy optree as die president van COP 28. Hulle voer aan dat ‘n persoon in die olie-bedryf nie genoeg druk op lande sal plaas om olie-produksie te verminder nie. Daar is reeds kritiek teen COP 28, omdat die gasheerland, die Verenigde Arabiese Emirate, een van die wêreld se grootste olie-produsente is.