Namibiese kinders tussen 12 en 17 nou ingeënt

Die Namibiese gesondheidsministerie begin nou met die inenting van die Pfizer-entstof vir kinders tussen 12 en 17 jaar oud. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Ben Namgombe, het gesê die Wêreldgesondheidsorganisasie beveel Pfizer vir kinders in die ouderdomsgroepe aan. Hy sê kinders tussen 12 en 13 jaar oud het die toestemming van hul ouers of voogde nodig, maar nie kinders tussen 14 en 17 jaar oud nie.