Adv. Shamila Batohi sê Ondersoekdirektoraat is ‘n nuwe eenheidDecember 6, 2021
Die nasionale direkteur van Openbare Vervolgings, advokaat Shamila Batohi, sê Suid-Afrikaners moet onthou die Ondersoekdirektoraat is ‘n nuwe eenheid en het by die nulpunt begin. Sy het aan die media gesê die wiel van geregtigheid draai stadig, maar seker, en mense kan nie meer ongestraf wegkom nie.