Stad Kaapstad bied afslag in toerismebedryf aan

Die Stad Kaapstad sal spesiale aanbiedings en afslag in sy toerismebedryf aanbied. Die stap het ten doel om die uitwerking van die onlangse internasionale reisverbod en die vierde Covid-19-vlaag teë te werk. Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê vernuwing is van kardinale belang vir die voortbestaan van die toerismesektor. Kaapstad het na raming in Desember alleen sowat 250 miljoen rand verloor weens besprekings wat gekanselleer is.