Buitelander aangekla van kinderverwaarlosing ná kind se dood

’n Buitelander word van kinder-verwaarlosing aangekla na die dood van sy driejarige dogtertjie in Johannesburg. Die kind het vroeër die maand van die twaalfde verdieping van die Philadelphia-woonstelle geval. Die 37-jarige man het na bewering die kind sonder toesig gelos om te gaan werk. Die woordvoerder van die polisie, Xoli Mbele, bevestig die verdagte het reeds in die Johannesburgse landdroshof verskyn.