Namibiese junior inlyn-hokkievroue op volle vaart met seges

Die Namibiese junior inlyn-hokkievroue is in volle vaart met hul oorwinnings by die Wêreldskaatsspele se inlynhokkie-toernooi in Argentinië. Die hokkiespan het vandag in hul derde wedstryd vir Colombië met 11-3 verslaan. Die junior hokkievroue het al afgereken met Amerika met 8-1 en gasheerland Argentinië met 15-1. Namibië kom om om middernag Namibiese tyd teen Brasilië te staan en môremiddag om vier-uur spook hulle sake teen Italië uit.