Naledi Pandor verwelkom vredesooreenkoms tussen Ethiopië en Tigray

Die Suid-Afrikaanse minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Naledi Pandor, het die vredesooreenkoms tussen die Ethiopiese regering en die Tigray-Volksbevrydingsfront verwelkom wat in Pretoria onderteken is. Die skietstilstand beteken die einde van ‘n twee jaar lange oorlog wat die lewens van honderd-duisende Ethiopiërs geëis het. Pandor sê die ooreenkoms stuur ‘n boodskap oor die beëindiging van geweld in die beslegting van geskille. Sy sê daar is geen wenners in ‘n oorlog nie.