Namibiese junior bergfietsryers ry goed in Frankryk

Die president van die Namibiese Fietsry-federasie, Axel Thiessen, het die prestasie van junior ryers geprys wat aan die 2022 Internasionale Fietsry-unie se Bergfiets-wêreldkampioenskappe in Les Gets, Frankryk, deelgeneem het. Namibië se 2022 Birmingham Statebondspele verteenwoordigers in bergfietsry, Hugo Hahn en Alex Miller het in die kategorie onder 23 deelgeneem terwyl Kevin Lowe en Daniel Hahn het in die junior kategorieë deelgeneem. Thiessen sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit was vir hom ‘n voorreg om die Namibiese ryers se vertonings eerstehands te aanskou.