Namibiese jagsektor kry nog ‘n terugslag met Finse jagtrofeeverbod

Die Namibiese jagsektor is ‘n groot terugslag toegedien nadat nóg ‘n Europese land ‘n verbod op in die invoer van jagtrofeë aangekondig het. Finland gaan sy jagters verbied om trofeë van bedreigde spesies vanaf Junie 2023 huis toe te bring. Die verbod weerspieël die een wat in Brittanje en Nederland geïmplementeer is en wat binnekort in België in werking gestel sal word. Oor die afgelope tien jaar het Finse jagters trofeë van leeus, olifante, swartrenosters, jagluiperds, ysbere, kameelperde, luiperds, sebras, seekoeie, wolwe, ape, bobbejane, krokodille, poemas en ander wilde katte ingevoer.