Geen verskoning van NEFF-aktivis oor uitlatings teenoor LGBTQ-gemeenskap

Die LGBTQ-gemeenskap van Namibië is onthuts en ontsteld oor die uitlatings van NEFF-aktivis Michael Amushelelo. Hy sê hy het geen probleem met die “alfabet-gemeenskap” nie, maar wanneer hulle kinders in die openbaar en openlik wil beïnvloed, sal hy kinders beskerm, veral seuns. Amushelelo sê sy regte om hom oor homoseksualiteit uit te druk, word goed onder die Namibiese Grondwet beskerm. Hy sal dus niemand om verskoning vra nie. Die aktivis skryf op sosiale media “ons stemme moet nooit stilgemaak word uit vrees nie, want boosheid seëvier altyd omdat goeie mense bang is om te praat”.