Ramaphosa sê die ANC moet sy foute erken

Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê ANC-lede en die mense van Suid-Afrika verwag die party moet hom verbind tot sy verantwoordelikheid om sy stigtingsmissie uit te voer. Hulle verwag ook die ANC moet die moed en eerlikheid aan die dag lê om sy tekortkominge te herken en hom voorneem om dit reg te stel. Volgens Ramaphosa koester hulle in hulle harte die hoop dat die ANC sy 55ste nasionale konferensie sal verlaat met duidelike en deurdagte oplossings vir die uitdagings wat hulle in die gesig staar.