Namibiese jagbedryf sê meer as 80% minder buitelandse jagters het kom jag

Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, oftewel Napha, sê vanaf Maart verlede jaar toe die pandemie Namibië getref het en die land se grense vir ‘n wyle gesluit is, het buitelandse jagters met 80,67 persent afgeneem. In 2019 het 5 032 buitelandse jagters Namibië besoek en vanjaar slegs sowat 1 000. Die amptelike syfers van jagtersbesoeke in 2020 van die omgewingsministerie sal eers later vanjaar beskikbaar wees. Nicole Schwandt van Napha gesels met Kosmos 94.1 Nuus.