Indonesiese ambassade in Windhoek hou Batik-slypskool

Die Indonesiese ambassade in Namibië in samewerking met Batik House Indonesia hou Maandag en Dinsdag vanaf die oggend nege-uur tot die middag half-twee ‘n slypskool oor batik by die ambassadeurswoning in Andimba Toivo ya Toivo-straat 129 in Suiderhof in die hoofstad. ‘n Modeparade met tradisionele batikklere sal ook gehou word, asook ‘n uitstalling van handwerkprodukte van Indonesiese klein- en medium ondernemings. Ari Hadiman, die hoof van inligting, maatskaplike en kulturele sake van die ambassade, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.