Namibiese handelsministerie bespreek môre drankwet

Die Namibiese handelsministerie gaan môre in Windhoek die eerste van vele landwye vergaderings hou met rolspelers in die drankbedryf oor die administrasie van die drankwet. Die drankwet se doel is om nasionale norme en standaarde daar te stel ten einde ekonomiese eenheid binne die drankbedryf te handhaaf. Dit maak voorsiening vir maatreëls om drankregulering te bevorder. Die woordvoerder van die ministerie, Elijah Mukubonda, nooi alle belanghebbendes uit om die vergaderings by te woon.