Mynbou-produsenteprys-indeks styg in tweede kwartaal

Die mynbou- en steengroef produsenteprys-indeks vir die tweede kwartaal van 2022 staan op 132,1 basispunte, vanaf 103,6 basispunte wat in die tweede kwartaal van 2021 aangeteken is, volgens die Namibiese Statistieke Agentskap se Produsenteprys-indeks. Dit behels ‘n jaarlikse inflasiekoers van 27,5 persent vergeleke met 15,1 persent wat in die tweede kwartaal van 2021 aangeteken is. Die indeks vir die ontginning van uraan het tot 90,2 basispunte in die tweede kwartaal van 2022 gestyg, wat ‘n toename van 50,8 persent verteenwoordig in vergelyking met 59,8 basispunte gedurende dieselfde tydperk van verlede jaar.