Namibiese handelsminister in Ghana oor Afrika-vryhandelsgebied

Die Namibiese handelsminister Lucia Iipumbu is tans in hoofstad van Ghana, Accra om die Vergadering van die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied se Raad van handelsministers by te woon. Die oorhoofse doel van die byeenkoms is om te onderhandel oor uitstaande kwessies en ooreen te kom oor die stappe na die begin van kommersieel betekenisvolle handel in die vryhandelsgebied. Namibië gaan onder meer onderhandel oor suiker en motorpakette, sê Elijah Mukobonda, die ministerie se woordvoerder aan Kosmos 94.1 Nuus.