Twitter-stelselfout: Musk giggel seker in sy mou

Elon Musk lag dalk in sy mou nadat ‘n fout in Twitter se stelsels dit vir kuberkrakers moontlik gemaak het om toegang te kry tot ‘n databasis van 5,49 miljoen Twitter-gebruikers regoor die wêreld. Die webwerf Restore Privacy berig die kuberkraker wat homself “devil” noem, vra 30 000 Amerikaanse dollar vir die inligting wat geplaas is op die forum vir kuberkrakers, BreachForums. Die sluit die e-pos-adresse en telefoonnommers van gebruikers in – van bekendes tot maatskappye en alledaagse gebruikers.