Chinese renosterhoringsmokkelaar ontsnap

Een van die vier Chinese renosterhoringsmokkelaars wat in Maart 2014 met 14 renosterhorings by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako in hul besit gevind is en tronkstraf uitdien, het glo vanmiddag omstreeks twee-uur uit die Windhoekse Korrektiewe Dienste ontsnap. Die Chinees met ‘n swart bestuurder was glo met ‘n wit Mercedes Benz-sportnutsvoertuig op pad kus toe. Die Namibiese polisie het padblokkades by Karibib en Usakos opgestel, maar hulle het die polisie ontduik en is vermoedelik reeds by die kus. Nampol vra die publiek se hulp om die voertuig te help opspoor.