Namibiese graad 12-leerders begin die week IEB-eksamen skryf 

Die eerste groep Namibiese graad 12-leerders wat die eksamens aflê vir die Internasionale Sekondêre Sertifikaat van die Onafhanklike Eksamenraad, die IEB, skop Woensdag af met hul eerste vak. In Namibië skryf 167 leerders by sewe sentrums die eksamen wat vanaf 19 Oktober tot 23 November duur. In totaal lê 489 kandidate – 476 voltyds en 13 deeltyds – die eksamens af. Buiten Namibiese leerders, skryf 249 leerders van Eswatini en 75 leerders van Mosambiek die eksamen.