DA eis rampbestuursplan van Gautengse premier 

Die DA in Gauteng eis dat premier Panyaza Lesufi dringend ‘n rampbestuursplan instel om die huidige waterkrisis en beurtkrag in die provinsie die hoof te bied. Inwoners van Gauteng is nou al vir ‘n paar weke blootgestel aan lae waterdruk of ‘n algehele gebrek aan water. Die DA-lid, Solly Msimanga, sê die reservoirs word nie genoegsaam opgevul nie as gevolg van die voortdurende beurtkrag.