Konstabel geïdentifiseer wat Nampol-voertuig ‘leen’

Die Namibiese polisie is op soek na die geïdentifiseerde verdagte met die rang van konstabel wat een van die amptelike voertuie na bewering “geleen” het sonder die owerheid se toestemming. Volgens Nampol het die verdagte na hul garage in Windhoek se Noordelike Nywerheidsgebied gegaan, die voertuig sonder die bestuur se toestemming “geleen” en versuim om dit terug te gee. Die verdagte het na bewering die VW Jetta 6 tussen September 2020 en September 2022 geneem. Nampol se adjunk-offisier Silas Shipandeni bevestig aan Kosmos 94.1 Nuus die verdagte is geïdentifiseer.