Diplomatieke besprekings tussen VSA en China

Amerika se adjunkminister van buitelandse sake, Wendy Sherman, het in China se noordelike stad Tianjin aangekom vir regstreekse samesprekings met ampsgenote. Sy gaan vandag met die staatsraadslid en haar Chinese eweknie, Wang Yi, vergader. Sherman se besoek is op die nippertjie bygevoeg op ‘n lys besoeke aan Asië wat Japan, Suid-Korea en Mongolië insluit. Die vergadering vind plaas onder streng Chinese Covid-maatreëls wat beteken buitelandse amptenare vergader buite die hoofstad Beijing met hulle ampsgenote. 


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *