Namibiese gesondheidsministerie verwerp fopnuus oor Omikron XBB-variant

Die Namibiese gesondheidsministerie het gewaarsku dat fopnuus op sosiale media versprei word oor ‘n nuwe en dodelike Covid-vlaag wat veroorsaak word deur die nuwe Omikron XBB-variant. Die uitvoerende direkteur in die ministerie Ben Nangombe sê in ‘n mediaverklaring, die oorsprong van die boodskap is onbekend en ongemagtig. Hy sê sub-variante van Omikron is al in meer as 35 lande wêreldwyd gevind, Suid-Afrika, ingesluit, maar nog nie in laboratoriums in Namibië nie. Namgombe verseker die Covid-situasie in die land stabiel bly, maar indien daar enige verandering is, sal dit amptelik aangekondig word. Die ministerie moedig steeds Namibiërs aan om teen Covid-ingeënt te word of versterkerdosisse te kry.