Zuma verwerp NVG se verklaring oor sy sertifikate om Cyril te vervolg

Die Jacob Zuma-stigting het die Nasionale Vervolgingsgesag se verklaring verwerp, oor die nolle prosequi-sertifikate en die toepaslikheid daarvan op die klag wat oudpresident Jacob Zuma ingedien het. Die Stigting sê die NVG se verklaring dat die sertifikate nie ten opsigte van President Cyril Ramaphosa uitgereik is nie, is vals, en ‘n swak verdoeselde poging om hom te red. Die stigting sê die NVG kies blatant kant ten gunste van ‘n verdagte. Hy hou vol Ramaphosa bly strafregtelik aangekla en moet op 19 Januarie volgende jaar persoonlik in die hooggeregshof in Johannesburg verskyn.