Kavango-Wes het net een sportbeampte

Die Freedom March Movement, ‘n burgerlike organisasie in Nkurenkuru in die Kavango-Wes-streek, eis dat ‘n veeldoelige jeug-hulpbronsentrum, jeug-opleidingsentrums en sportfasiliteite in die Kavango-Wes-streek gebou word. Die voorsitter van die beweging, Modestus Kupembona, sê die streek is die enigste een wat nie infrastruktuur van die sportministerie het nie. Die beweging kla dat die ministerie, wat die mandaat het om Namibiese jeug te ontwikkel en te bemagtig terwyl sport op alle vlakke bevorder word, net een sportbeampte het wat verantwoordelik is vir agt kiesafdelings in die streek. Hulle eis dat die sportminister Agnes Tjongarero die streek binne 14 werksdae moet besoek, anders al hulle ‘n massa-optog hou.