ANC gereed vir sy 111de verjaardagvieringe in Bloemfontein

Die ANC het bevestig alles is gereed vir sy 111de verjaarsdagviering in die Vrystaatse hoofstad, Bloemfontein. Hoofsekretaris Fikile Mbalula het inligting voorsien oor die reëlings vir die 8 Januarie-presidentsrede. Hy het ook bevestig die party se nasionale konferensie gaan na verwagting in die komende dae in die Mangaung-metro hervat. Mbalula verduidelik dit is verlede maand uitgestel weens sekere vertragings.