Namibiese Filmkommissie wil internasionale filmproduksies na land lok

Die Namibiese Filmkommissie het in Junie vanjaar ‘n nuwe direksie aangewys wat die kommissie vir die volgende drie jaar sal lei. Caillin Basson van die kommissie het hul mandaat op sosialemediaplatforms van die inligtingsministerie gedeel. Sy sê wat van hulle verwag word om internasionale filmproduksies na Namibië te lok.