Aanleg wil 200 000 kleuters met etes bedien

In ‘n baanbrekende onderneming gaan die nieregeringsorganisasie INANI StartWell-stigting môre ‘n vervaardigingsaanleg in Springs in Gauteng bekend stel. Die aanleg wil op volhoubare wyse oggendetes met hoë voedingswaarde teen lae koste vervaardig. ‘n Woordvoerder, Lisa Verster, sê hulle sal tot 200 000 kleuters uit arm gemeenskappe bedien en hulle sodoende as leier vestig in die stryd teen belemmerde groei in Suid-Afrikaanse kleuters. Verster sê belemmerde groei is ‘n kroniese siekte wat deur swak voeding veroorsaak word.