Eienaars van sim-kaarte moet geregistreer wees

Die Kommunikasie Regulerings-owerheid van Namibië, Cran, het in ‘n mediaverklaring aangekondig dat voorwaardes van die kommunikasiewet behels dat telekommunikasiediensverskaffers moet verseker dat kliënte geregistreer word as die eienaar van ‘n sim-kaart. Geen sim-kaart mag versprei of geaktiveer word as ‘n kliënt nie as die eienaar van ‘n sim-kaart geregistreer is nie.