Namibiese en Angolese owerhede vergader oor wanvoeding, siektes

Namibië en Angola se regerings, in samewerking met die Wêreldgesondheidsorganisasie, hou ‘n oorgrens-vergadering oor ernstige akute wanvoeding, ‘n uitgebreide program oor immunisering en aansteeklike siektes. Die weeklange byeenkoms wat op Ondangwa in die Oshana-streek plaasvind, het ten doel om oorgrens-samewerking te versterk en strategieë te bespreek vir effektiewe samewerking in die beheer van ernstige akute wanvoeding en aansteeklike siekte-intervensie, met die fokus op onder meer tuberkulose, hepatitis E, MIV/Vigs, en malaria.