Enyobeni: Klag by menseregtekommissie ingedien

‘n Klag is by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ingedien waarin  ‘n onafhanklike ondersoek aangevra word na die dood van 21 jongmense in Junie by die Enyobeni-taverne in Oos-Londen. Die Departement van Gesondheid het in September bekend gemaak dat die jeugdiges weens versmoring in ‘n oorvol taverne dood is. Die families sê hulle is bereid om enige iets te doen om antwoorde te kry en sal selfs die liggame laat opgrawe. Die taverne se twee eienaars wat weier om verskoning te vra vir die tragedie, verskyn weer op die 24ste van die maand in die hof.