Namibiese ekonoom voorspel rentekoerse en brandstofpryse vir 2023

‘n Namibiese ekonoom gee sy reaksie op die inflasiekoers vir November 2022 wat op sewe persent staan, vergeleke met 4,1 persent wat gedurende die ooreenstemmende tydperk van verlede jaar aangeteken is. Op ‘n maandelikse basis is die inflasiekoers op 0,5 persent geraam, vergeleke met 0,2 persent wat in Oktober 2022 aangeteken is. Ekonoom van Cirrus, Robert McGregor gee aan Kosmos 94.1 Nuus sy voorspelling oor rentekoerse vir 2023. Hy het ook goeie nuus oor brandstofpryse.