Geloftefees vandag in Namibië gevier

Geloftefeeste word vandag in verskeie plekke regoor Namibië herdenk. Die Geloftefees-komitee in Windhoek vier die spesiale dag op die kultuurkalender met ‘n erediens by die Hervormde Kerk in Fidel Castrostraat in Windhoek om half-sewe vanaand. Dit word gevolg met ʼn ligte ete en samesang. Emerituspredikant dr. Callie Opperman, gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die belangrikheid om Geloftefees te vier.