Numsa sê ANC-werkers moet betaal word

Numsa sê hy betoon eensgesindheid met die ANC-werknemers wat nie hul salarisse ontvang het nie. ANC-werkers het begin met versetoptrede sodat hul eise aangehoor kan word. Numsa wil hê die regerende party moet onmiddellik die uitstaande salarisse en bydraes aan die voorsorgfonds, die Werkloosheidsversekeringsfonds en mediese fondse betaal. Die vakbond se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê hulle ondersteun die werkers se eise want hulle verdien om betaal te word vir die dienste wat hulle gelewer het.