Namibiese ekonoom sê olie kan ‘n seën of vloek vir land wees

‘n Namibiese ekonoom stem saam met die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing wat sê die ontdekking van olie en gas sal groot gevolge vir Namibië en baie aspekte van ekonomiese beleid hê. Die ekonomiese beleide sluit in belasting, inkomste en uitgawes, valuta, ekonomiese diversifikasie, plaaslike eienaarskap, korrupsie en lidmaatskap van belangrike internasionale organisasies. Daar is ‘n groot verskeidenheid ervarings binne Afrika en verder waarop beleidmakers en politici kan put om te verseker dat Namibië die sogenaamde olie-vloek vermy. Ekonoom Theo Klein van Simonis Storm in Windhoek sê aan Kosmos 94.1 Nuus olie kan ‘n seën of ‘n vloek vir ‘n land wees.